MCPNew: now works with Claude & AI assistants
Babylonstoren

Babylonstoren

Senior Verkoopsverteenwoordige (Bloemfontein)

Role

Senior Verkoopsverteenwoordige (Bloemfontein)

Job type

Contract

Found on Mokaru

3 weeks ago

Share this job

Salary

Not disclosed by employer

Job description

Verantwoordelikhede

  • Aktiewe betrokkenheid by direkte en indirekte verkope van Babylonstoren-produkte (wyn, deli-produkte.)
  • Verwelkom en bedien kliënte op ’n professionele, kundige en vriendelike wyse
  • Reël en fasiliteer wynproeë, privaat toere en spesiale kliënte-ervarings
  • Bou en onderhou sterk, langtermyn-verhoudings met kliënte, korporatiewe vennote en verspreiders
  • Verteenwoordig Babylonstoren tydens funksies, feeste en handelsgeleenthede
  • Versamel markintelligensie en verskaf terugvoer aan relevante afdelings
  • Samewerking met interne spanne (gasvryheid, tuin, wyn, bemarking) om geïntegreerde kliënte-ervarings te lewer
  • Bestuur administrasie, verkoopsverslae en klantdatabasisse waar toepaslik
  • Beskikbaar te reis na areas nasionaal.
  • Diens en groei Johannesburg en omliggende handel in verkope, funksies en bemarking.
  • Bloemfontein gebasseer

Vereistes

  • Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12)
  • Diploma of graad in Bemarking, Verkope, Gasvryheid, Toerisme, Handelsmerkbestuur of Wynkunde (voorkeur)
  • Minimum 3–5 jaar ervaring in ’n verkoops- of kliëntgerigte rol, verkieslik in die wyn-, toerisme- of premium handelsmerksektor
  • Bewese ondervinding in kliëntediens en verhoudingsbou op senior vlak
  • Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels (mondeling en geskrewe)
  • Rekenaargeletterd (MS Office, verkoopsstelsels, CRM-sagteware)
  • Geldige rybewys en eie vervoer (indien buiteverblyf van toepassing is)

Vaardighede en Eienskappe

  • Professionele voorkoms en uitmuntende etiket
  • Hoogste vlak van integriteit en vertroulikheid
  • Klantgesentreerde ingesteldheid met sterk onderhandelingsvernuf
  • Selfgedrewe, proaktief en oplossingsgerig
  • Passie vir wyn, plaaslewe, en volhoubare leefstylprodukte
  • Aanpasbaar en gemaklik in ’n dinamiese, multidissiplinêre omgewing
Resume ExampleCover Letter Example

Explore more