MCPNew: now works with Claude & AI assistants
Babylonstoren

Babylonstoren

Operasionele Hoof: Produksie

Role

Operasionele Hoof: Produksie

Job type

Contract

Found on Mokaru

1 month ago

Share this job

Salary

Not disclosed by employer

Job description

Operasionele Hoof: Produksie

(Nie-alkoholiese drankies, suiwel, seepfabriek en bakkery)

Vereistes

  • Minimum 5–8 jaar relevante ervaring in voedselvervaardiging, FMCG of produksiebestuur, waarvan ’n gedeelte op senior bestuursvlak moet wees.
  • Tersiêre kwalifikasie in Voedselwetenskap, Ingenieurswese, Produksiebestuur of ’n soortgelyke relevante veld.
  • Sterk tegniese agtergrond in vervaardiging en prosesse.
  • Bewese ervaring in strategiese beplanning en implementering.
  • Sterk finansiële insig en goeie begrip van finansiële bestuur of bestuursrekeningkunde, met die vermoë om finansiële state te ontleed en besigheidsbesluite te rig.
  • Ervaring in multiwerf- of multi-departementele bestuur sal voordelig wees.
  • Uitstekende mensebestuurs- en leierskapvaardighede.
  • Sterk probleemoplossingsvermoë en detailgeöriënteerd.
  • Vermoë om onder druk te werk en komplekse uitdagings te bestuur.

Verantwoordelikhede

  • Ontwikkel en implementeer ’n geïntegreerde strategie vir die Babylonstoren-fabriekgroep, met ’n fokus op volhoubare groei, winsgewendheid en operasionele uitnemendheid.
  • Bestuur die prestasie van alle vervaardigingseenhede teenoor begrotings, omsette en winsdoelwitte.
  • Ontleed finansiële state, identifiseer tendense en lewer insiggewende kommentaar en aanbevelings.
  • Lei die jaarlikse besigheidsbeplanningsproses en dryf die uitvoering daarvan deur die loop van die finansiële jaar.
  • Verseker optimale produksieprosesse, kostebestuur en kapasiteitsbenutting oor alle fabrieke.
  • Dryf voortdurende verbetering, innovasie en produkontwikkeling oor alle afdelings.
  • Bou en ontwikkel hoëpresterende spanne en verseker ’n gesonde, produktiewe werkskultuur.
  • Werk nou saam met tegniese, logistieke en kommersiële spanne om geïntegreerde oplossings te lewer.
  • Verseker die handhawing van gehalte- en voedselveiligheidstandaarde.

Persoonlike eienskappe

  • Strategiese denker met ’n sterk besigheidsinstink.
  • Resultaatgedrewe en besluitvaardig.
  • Sistematies en analities.
  • Innoverend en prosesgedrewe.
  • Hoë vlak van aanspreeklikheid en eienaarskap.
  • Uitstekende kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
Resume ExampleCover Letter Example

Explore more